Miramar Cove 33
Port Edward - Selfsorg
Miramar Cove 33 is 'n pragtige 2 slaapkamer selfsorg vakansie woonstel in 'n veilige kompleks in die klein kusdorpie van Port Edward aan die KZN Suidkus. Die eenheid slaap 4 volwassenes en 2 kinders en is ideaal vir 'n gesins vakansie of selfs net 'n paartjie wat soek na 'n plek om te ontspan.
Die eenheid is op die eerste verdieping en is goed toegerus vir 'n selfsorg vakansie, met 'n dubbelbed in die en-suite hoofslaapkamer en twee enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is ook 'n slaapbank in die sitkamer vir twee addisionele kinders. Die kompleks het 'n pragtige swembad met 'n aangehegte kiddies speel area.
Die kombuis is toegerus met al die nodige toestelle, insluitend 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met 'n OpenView-dekodeerder (of bring jou eie DSTV Dekodeerder) en 'n DVD Speler. Die sitkamer maak oop op 'n balkon met braaigeriewe en 'n aangename binnelandse uitsig.
Die eenheid is net 'n kort rit na Port Edward se hoofstrand as ook na die Wild Coast Sun Casino met 'n gholfbaan en waterpark.
Kenmerke
- 2 Slaapkamers (Slaap 4 Volwassenes & 2 Kinders)
- 2 Badkamers (Stort en Bad)
- Balkon met binnelandse uitsig
- Goed Toegeruste Kombuis
- Dak Waaiers
- TV en DVD Speler
- OpenView Dekodeerder (Of Bring jou DSTV-Dekodeerder)
- Wasmasjien
- Braai Geriewe
- Enkel Toesluit Motorhuis
- Swembad
- Veilige Kompleks
Op 'n persoonlike noot ...
As die eienaar van hierdie vakansie eenheid reageer ek persoonlik op alle navrae. Ek haat verrassings wanneer dit kom by my verblyf wanneer ek op vakansie gaan, soos ek seker is baie mense die selfde daar oor voel. Ek belowe dus dat die beskrywing van my eenheid en die foto's hieronder 'n akkurate beskrywing is van wat jy kan verwag as jy by Miramar Cove 33 bly. As jy dus op soek is na skoon en gemaklike akkommodasie, kontak my asseblief by my bogenoemde telefoonnommer of voltooi die navraagvorm hieronder en ek sal so spoedig moontlik op jou antwoord. Dankie.
Tariewe
Spesiale Aanbieding: Maandag tot Vrydag, slegs R1200. Slegs lae seisoen. Vir 2 volwassenes en 2 kinders. R50 extra per nag vir enige addisionele persone.
Lae Seisoen: R600 vir die eenheid per nag
Mid Seisoen: R750 vir die eenheid per nag
Spitsseisoen: R1050 per nag vir die eenheid
Let wel: Hierdie plek is nie geskik vir partytjies / harde musiek ens, nie
Send Enquiry
Facilities