Lalanathi Karavaan Park
Pumula - Kampeering, Selfsorg
Los jou alledaagse lewe en neem 'n breek om in kontak te kom met die ontspanne, natuurlike omgewing van Lalanathi. Bring jou tent, karavaan, sleepwa of motorhuis, en laat jou super pret gasheer Charlotte en Barry jou help om jou verblyf ten volle te geniet, sodat die geluid van die golwe die spanning van die stadslewe kan verlig, sodat jy ontspanne en energiek kan wees.
Ons bied 45, goed gespasieerde gras staanplekke aan, almal met krag punte, binne 'n volle omheinde en veilige gebied. Die ablusie geriewe is skoon met baie warm water. Daar is 3 Selfsorgeenhede wat tot 5 persone elk slaap. Die eenhede bied elkeen 'n yskas / vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is ook twee park huise - een wat tot 5 persone kan slaap en die ander tot 8 gaste.
Ons sal jou bederf met pragtige natuurskoon, goeie visvang en pragtige strandwandelings. Swem, vang vis, "surf" of tan tot jou hart se begeerte of ontspan om die kampvuur. 'n Verskuidenheid vermaak is beskikbaar vir die hele gesin - van die opwinding van sandkastele bou en rotspoele verken tot "volleyball" en ander strandsport. Daar is 'n kinderspeelplek, trampolien, swembad, en 'n lapa met groot platskerm TV, DSTV, pool tafel en darts vir die tieners.
In Opsomming
- 45 Goed Gespasieer Staanplekke
- 3 Selfsorg Woonwa Eenhede, 5 Slaaper Elk
- 2 Park Huise, Slaap 5 of 8 Gaste
- Direkte Toegang tot die Strand en Pragtige Natuurskoon
- Troeteldiere Vriendelik (Volgens Afspraak) Elektrisiteit en Baie Warm Water
- Kinderspeelplek
- Tiener Chill Area
- Swembad en Trampolien
- Skoon Ablusieblokke
- Volledig Omheinde en Veilige Eiendom
Tariewe
Kamp Staanplekke: Vanaf R350 per nag
Selfsorg Eenhede: Vanaf R500 per nag
Kontak ons asseblief vir 'n voledige kwotasie en beskikbaarheid
*** Dui asseblief aan of u navraag doen vir selfsorg of kampeer. TIA ***
Send Enquiry
Facilities